Beatrix Bosch, South African Leather Artist as featured in House and Leisure
Beatrix Bosch | Retired Contemporary artist who created original leather artworks at her former home on Wilderness beach in South Africa.
Beatrix Bosch kuier met die Kwela span
Beatrix Bosch kuier met die Kwela span
Kwela kuier by Beatrix Bosch in Wildernis
Kwela kuier by Beatrix Bosch in Wildernis

Kwela kuier by Beatrix Bosch in Wildernis
Die Kwela span van Kyknet kuier by Beatrix Bosch in Wildernis
Kwela, van DSTV, Kyknet kuier by Beatrix Bosch in Wildernis
 Wilderness | Press Articles : 

Kwela het kom kuier ...

Die kunstenaar Beatrix Bosch het op 77-jarige ouderdom besluit om haar laaste versameling werke uit te stal.

Die span van die gewilde televisieprogram, Kwêla, het Woensdag in Wilderness kom kuier by bekende kunstenares, Beatrix Bosch, terwyl sy besig was met voorbereidings vir ‘n uitstalling van haar kunswerke in November te Constantia, Kaapstad.

Die uitstalling vind plaas vanaf die 9de tot die 15de November, by die Great Cellar van die Alphen Boetiek Hotel. Een van Bosch se werke, by name Mutasies, wat op die uitstalling vertoon gaan word, weeg ongeveer 200kg en gaan met spesiale vervoer na die Kaap geneem word. Een van haar vele ander kunswerke, Election, kan ook besigtig word in die Wild News kantoor.

Woonagtig in Wilderness is Beatrix Bosch ‘n hedendagse kunstenares, wat die wêreld al sedert 1969 met haar unieke olifantleer kunswerke betower. Haar gesogte werke word opgeraap deur privaat versamelaars, die publiek, asook binneshuise ontwerpers en argitekte.

Sy het ook onlangs met die kreatiewe, digitale wêreld begin eksperimenteer en het ‘n nuut gevonde passie vir digitale fotografie asook programme soos Photoshop en Painter.

Die Wild News was gelukkig genoeg om tydens die opname van die program ‘n besoek by Bosch se huis af te lê en van haar werke, asook haarself saam met die Kwêla span, af te neem. Ons moedig kykers aan om volgende Woensdag, 17 November, om 19:30 reg te skuif vir die Beatrix Bosch uitsending op Kyknet.

Beatrix is veral bekend vir haar kunswerk Prelude wat in die Staatsteater in Pretoria hang en haar werk is in talle internasionale versamelings ingesluit. Suzaan het haar by haar huis in Wildernis gaan opsoek.

Tune in and watch Beatrix Bosch My World – My Life on Kwela this Wednesday 17 October

kykNET channel 144 19:30 – 20:30;

Repeats: Th - 14:30; Fr - 10:00; Sa - 18:00; Su - 13:00; Mo - 08:30; Tu - 02:00.

View the Article:
http://kyknet.dstv.com/category/programme/kwela/


ADDITIONAL INFORMATION
Available on Request
LANGUAGES
Afrikaans
TERMS & CONDITIONS
Author's permission required
Subject to international copyright
 
Recent Listing

Recent News
Press Articles
Beatrix Bosch groet Wildernis

Recent Listing

Recent News
Press Articles
Kwela het kom kuier ...

Recent Listing

Recent News
Press Articles
2011 April - House & Leisure